LiG Maart 2020

In LiG se Maart-uitgawe …

Gaan ons op ‘n pelgrimsreis. Ons gesels met mense wat onderskeie pelgrimsroetes onderneem het – “dit was fisies swaar, maar geestelik lig”. Ons ontdek ook dat God vir gelowiges ‘n pelgrimsperspektief gee.

Op die voorblad is Nadia Valvekens wat vertel hoe haar siel nou blom! Rugbyspeler Schalk Brits dink terug aan die Wêreldbeker, en vertel dat liefde ‘n mens se grootste wapen is.

LiG gee raad oor hoe om weer met jou tiener te “connect”. Lees ook van ‘n Ouma en kleinkind se spanpoging om disleksie te oorwin.

Ons besef ook weer dat die klein dingetjies in jou huwelik die grootste is.

Kry maklike, heerlike resepte in ons Maart-uitgawe. En ‘n patroon vir ‘n mooi tjalie.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoekwww.lig.co.za

2020.03