LiG Februarie 2016

IN DIE FEBRUARIE-LiG LEER ONS VAN DIE LIEFDE:

Yolande Korkie vertel van ʼn liefde wat alles hoop en alles verdra. Nadia Beukes deel haar storie en haar liefde vir die lewe. En ‘n bekroonde wetenskaplike vertel hoe haar liefde vir God haar werk dryf.

Lees ook:

  • Wat sê jy vir jou kinders as Oupa en Ouma skei?
  • Raad vir terug hok toe – vir ma’s wat ver bly tot dié wat die hoërskool moet trotseer
  • Buitemuurs – hoe vroeg is te vroeg, en hoeveel is te veel?

Verryk jou huwelik deur jou man se kommunikasie beter te verstaan. Verdiep jou verhouding met jou kind deur hom sy eie drome te laat ontdek.