LiG Junie 2019

In ons Junie-uitgawe vier ons Pinkster, en vra: 

“Wie is Hy, hierdie Heilige Gees?” Ons verwonder ons oor die genade van sondebelydenis. En skryf ‘n spesiale brief aan jong pa’s. Ons gee ook blink idees om jou pa met Vadersdag te bederf (selfs al het jy min tyd!).

LiG gesels met Albert en Viljé Maritz oor die seën van pa-en-seun-wees. Ons nooi drie skrywers vir tee – Maretha Maartens, Lizette Murray en Elsa Winckler deel hul wysheid. ‘n Skrywer wie se hekelwoorde help heelmaak deel ook haar storie.

Ons voorbladnooi Leah inspireer ons met haar deursettingsvermoë en hardwerkendheid.

Vir sommiges is dit hul geloofspad op hul lyf – ons gesels met mense wat tatoeëermerke laat aanbring.

Kry ‘n heerlike resep vir wintersop. En ‘n maklike patroon om ‘n nuwe blaadjie vir ‘n ou baadjie aan te trek.

LiG – propvol goeie raad en praktiese wenke.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

2019.06