
ONTMOET DIE SDK
Ons bied ‘n retreat aan vir ons vroue

SINODE STRATEGIE EN REFLEKSIES
Die SDK het na die tafelgesprekke van die 2022 sinode die volgende temas onderskei wat deel vorm van ons strategiese denke vir die volgende termyn:
- Kommunikasie
- Toerusting
- Samewerking
- Begeleiding
- Lidmaatbetrokkenheid
- Gemeenskapsbetrokkenheid
- Eienaarskap
As Sinode droom ons dat die sinode:
- meer vaartbelyn en aanpasbaar en minder burokraties sal wees;
- beter uitdrukking gee aan die leuse “uit gemeentes, vir gemeentes na die gemeenskap tot eer van God”;
- gemeentes begelei, bemagtig en bystaan in die toerusting van lidmate (veral jeuglidmate en gesinne), gemeenteleiers en predikante;
- kommunikasie tussen gemeentes en die kerkverband versterk;
- help om die ringstrukture binne die sinodale gebied meer effektief te laat funksioneer;
- gemeentes toerus om missionaal in hulle gemeenskappe betrokke te raak;
- gemeentes help om diversiteit te akkommodeer en meer inklusief te wees;
- gemeentes help om die aanpassings te maak wat deur nuwe omstandighede vereis word.
Die SDK het vir ons termyn die volgende 3 stategiese prioriteite bepaal:
- Gemeentebegeleiding
- Kommunikasie
- Die mobilisering van Ringe
Om hierdie strategie te beliggaam is verskeie portefeuljes tydens die sinode gevorm om in die volgende termyn aan hierdie strategie te werk.
Ons het tydens die 2022 sinode rondom die tema Ons Stories vergarder. In die kerkbode se verslaggewing word die rede vir hierdie tema mooi omskryf,
Dit spoor gemeentes aan om die positiewe stories te vertel en nie te fokus op die negatiewe verhale of kritiek nie.
Tydens die sinode was een van die vrae hoe die sinode gemeentes kan help. Een tafel het geantwoord dat,
Die sinode platforms kan fasiliteer om mekaar te help
Ons hoop dat hierdie webblad so ‘n hoopvolle platform sal wees.