Ons leuse

Uit gemeentes, vir gemeentes, na die gemeenskap — tot eer van God.

Die sinode – dis ons almal saam: meer as 100 gemeentes in 14 ringe oor die Oos-Rand, Johannesburg en die Mpumalanga-Hoëveld. Saam groei ons, rus ons mekaar toe en dra ons mekaar as kerkverband.

Vind ’n gemeenteKyk die kerkraadtoerusting

Sinodesitting 2026 · 25–28 Oktober · Weesgerus, Modimolle

Saam op pad: kyk, luister, getuig

Saam met die Emmaus-gangers in Lukas 24 gaan ons op pad. Vind die werkskema, voorbereiding en gebed, die portefeuljes se video’s en al die praktiese inligting op een plek.

Alles oor Sinode 2026 →Agenda (PDF) →

Op pad na Sinode 2026

Vier jaar se reis — nou saam onderskei waarheen God ons roep.

Sinode 2026 begin nie van voor af nie. Dit bou op wat sedert 2022 in gemeentes, ringe en die sinode gebeur het, en kyk vorentoe na die volgende seisoen.

  1. 2022Sinode "Ons Stories"Tafelgesprekke oor hoe die sinode gemeentes kan help. Sewe temas word onderskei.
  2. 2023–2024Gesprekke en implementeringPortefeuljes begin werk: toerusting, retreats, die 10 Gesprekke van Hoop.
  3. Februarie 2025Drie prioriteiteGemeentebegeleiding, Kommunikasie en die Mobilisering van Ringe.
  4. 2025–2026Padberade en ringeRinge word gemobiliseer; kerkraadtoerusting word geloods. ’n Ontwerpspan berei die sinode voor.
  5. Oktober 2026Sinode by WeesgerusSaam onderskei oor die volgende seisoen — verhouding, onderskeiding en beweging.

Saam teenwoordig

Die sinode vergader by Weesgerus, weg van die gewone ritme, sodat afgevaardigdes tyd het om mekaar te leer ken. Die saamwees is self deel van die ontwerp — daarom is dit nie ’n hibriede sinode nie.

Visionering eerder as verslaggewing

Verslae dien as grond vir gesprek, nie as die hoofsaak nie. Die fokus is op wat ons geleer het en wat die volgende seisoen van gemeentes en ringe vra.

Gesprek, spiritualiteit en goeie besluite

Tafelgesprekke, geestelike onderskeiding en toerusting dra die program — sodat ons van bespreking na gesamentlike beweging kan gaan.

Vrae wat ons saamneem na die sinode

  • Wat het ons sedert 2022 geleer?
  • Waar het ons beweging gesien?
  • Wat sien ons nou anders?
  • Waartoe roep God ons in die volgende seisoen?

Portefeulje: Lidmaat- en Leierstoerusting · Natalia Strydom

Kerkraadtoerusting

Elke gemeente het dienende leiers — ouderlinge en diakens wat onderskei hoe die Here hulle wil gebruik. Hierdie videoreeks rus kerkrade toe vir hul unieke roeping. Kyk dit saam as kerkraad by ’n vergadering of retreat.

Al 34 video’s per portefeulje →

Sinode-strategie

Minder burokraties. Nader aan gemeentes.

Ná die tafelgesprekke van die 2022-sinode ("Ons Stories") het die SDK sewe temas onderskei. Teen Februarie 2025 is dié werk saamgetrek in drie strategiese prioriteite, waaraan portefeuljes saam met ringe en gemeentes werk.

KommunikasieToerustingSamewerkingBegeleidingLidmaatbetrokkenheidGemeenskapsbetrokkenheidEienaarskap

  1. GemeentebegeleidingGemeentes begelei, bemagtig en bystaan in die toerusting van lidmate, leiers en predikante.
  2. KommunikasieKommunikasie tussen gemeentes en die kerkverband versterk.
  3. Die mobilisering van RingeRingstrukture binne die sinodale gebied meer effektief laat funksioneer.

Gemeenskapsbetrokkenheid

10 Gesprekke van Hoop

Kort, praktiese gesprekke oor hoe gemeentes hoop in hul gemeenskappe kan bring — van vroeë kinderontwikkeling tot bediening aan haweloses.

Kyk al die gesprekke →

Leraarversorging

Ondersteuning vir predikante en hul gesinne

Retreats, predikanteberaad en ’n vertroulike gesprek wanneer dit nodig is. Alle navrae word vertroulik hanteer.

Doen vertroulik navraag

Bly op hoogte

Volg die sinode

Nuwe toerustingsvideo’s en kennisgewings verskyn eerste op ons Facebook-blad en YouTube-kanaal.

FacebookYouTube