← Tuis

Portefeulje

Jeug- en Gesinsbediening

Kinderbedieningskonferensies, tiener-, jongvolwasse- en skolebediening, en huisgefokusde gemeentebediening.

Portefeuljeleier: Vanessa Bouwer

Terugblik 2022–2026

Wat die afgelope vier jaar gebeur het

Kinderbediening was deurgaans die hart van hierdie portefeulje, gedra deur leiers en vrywilligers uit gemeentes regoor die sinode.

Op 11 November 2023 het die portefeulje ’n geslaagde Kinderkonferensie aangebied. Dale Hudson se sessie is opgeneem en is steeds beskikbaar. Op 27 September 2025 het die volgende Kinderkonferensie by die NG Gemeente Differentia plaasgevind, aangebied deur Anriette de Ridder en gerig op praktiese maniere van kinderbediening. Sewentig mense het dit bygewoon, en die SDK het dit as ’n groot sukses beskryf.

In 2024 het ’n groep van elf vrywillige predikante en jeugwerkers saam nuut gedink oor hoe die portefeulje gemeentes die beste kan dien. Hulle het ’n gespreksplatform voorgestel waar gemeentes stories en ervarings uit kinder-, tiener-, jongvolwasse- en gesinsbediening met mekaar kan deel. Die portefeulje het ook op die Algemene Sinode se Jeugnetwerk-taakspan gedien, en die sinode het die sameroeper vir Skolebediening voorsien.

Deur verskeie leierskapsoorgange heen het die werk voortgegaan, en die huidige portefeuljeleier was self deel van die vrywilligersgroep van 2024. Die sinode ondersteun ook deur die hele termyn Ekhaya, die studentebediening in Melville.

Kyk verder: Video: Kinderkonferensie — Dale HudsonVideo’s vir jeug en gesinEkhaya-studentebedieningKalender

Argief

Oorspronklike portefeuljeplan (termyn 2022–2026)

Op 5 November 2022 is ’n Kinderbedieningkonferensie aangebied. As portefeulje is die volgende deel van die strategiese plan vir die termyn:

  • Kinderbediening: kinderkonferensie met sprekers en ander vorme van opleiding.
  • Tienerbediening: ’n moontlike geleentheid soortgelyk aan die kinderkonferensie — op ringsvlak.
  • Jongvolwassenes: ’n opleidingsgeleentheid om gemeentes met praktiese voorstelle en bedieningsmodelle te bemagtig.
  • Gesinne: opleiding vir leraars, diensleraars, bedienaars en vrywilligers om ’n huisgefokusde gemeentebediening te vestig — ’n omgewing waar kinders gesonde verhoudinge, geloofsontwikkeling en ’n missionêre leefwyse beleef.
  • Skole: opleiding vir kerklike jeugwerkers om skole in hul omgewing effektief te bedien.
  • Musiek: opleidingsgeleenthede en platforms wat hulpbronne aan gemeentes bied.

Hierdie plan is ná Sinode 2022 opgestel en word bewaar as deel van die sinode se argief. Sien hoe die leierskap verander het →