Portefeulje
Sinodale Hulpbronne
Fondse (SKF), diensverhoudinge (SKDV), die diensgroep vir kommunikasie en die argief.
Portefeuljeleier: Christo Nel
Sinode 2026 · Voorbereiding
Kyk die portefeulje se video
Terugblik 2022–2026
Wat die afgelope vier jaar gebeur het
Hierdie portefeulje sorg dat die sinode se fondse, eiendomme en diensverhoudinge goed bestuur word, sodat die ander portefeuljes en die gemeentes kan doen waartoe hulle geroep is.
Die werk loop deur die Sinodale Kommissie vir Fondse, waarin elke ring ’n verteenwoordiger het, en deur die Bateskomitee, die Beleggingskomitee, die Begrotingskomitee en die Sinodale Kommissie vir Diensverhoudinge. Die portefeulje het deur die hele termyn dieselfde leier gehad, wat ’n bestendige ritme van verslaggewing en begroting moontlik gemaak het.
Een van die betekenisvolste stappe van die termyn was die herstrukturering van die sinode se eiendomsbelange. In Desember 2023 is Sinode Hoëveld Properties gestig, en in 2024 is die Achterbergh-eiendom daaraan oorgedra. Die sinode bly die aandeelhouer, sodat die eiendom se waarde by die kerk bly. Die Sinodale Sentrum in Rhodesfield is in 2025 opgeknap: die grensmure is waterdig gemaak, die geboue is geverf en glas en geute is vervang.
Die beleid oor hulpverlening is hersien en vereenvoudig, en verskeie gemeentes het sedert 2022 bystand uit die Bystandsfonds ontvang. In Junie 2025 is ’n opleidingsgeleentheid oor diensverhoudinge vir gemeentes se diensverhoudingskommissies aangebied. Die portefeulje ondersteun ook die NG Gemeente Effata-vir-Dowes deur die Effata Ondersteuningspan.
Kyk verder: Hulpbronne vir kerkradeAchterbergh en Effata-vir-DowesKontak die kantoor
Ons vennote in hierdie bediening
Konferensie-oordAchterberghKonferensie- en akkommodasie-oord naby Krugersdorp. Die eiendom behoort deur Sinode Hoëveld Properties aan die sinode. Vir retreats, kampe, toerusting en konferensies van gemeentes, kerkrade en groepe.achterbergh.co.za ↗Effata-vir-DowesBediening aan DowesEffata-vir-DowesDie NG gemeente vir Dowes, met eredienste in Afrikaans en Suid-Afrikaanse Gebaretaal by verskeie preekpunte en aanlyn. Die sinode ondersteun die bediening deur die Effata Ondersteuningspan.Argief
Oorspronklike portefeuljeplan (termyn 2022–2026)
Sinodale Hulpbronne het nie ’n eie strategiese fokus nie, maar werk deur bestaande kommissies volgens die Regulatiewe Kode:
- Sinodale Kommissie vir Fondse (SKF): bestuur die sinode se inkomste en uitgawes, stel die sinodale begroting saam en dra kennis van uitstaande sinodale bydraes.
- Sinodale Kommissie vir Diensverhoudinge (SKDV).
- Diensgroep vir Kommunikasie.
- Die Argief ressorteer ook onder die portefeulje, hoewel dit nie plaaslik hanteer word nie.
Hierdie plan is ná Sinode 2022 opgestel en word bewaar as deel van die sinode se argief. Sien hoe die leierskap verander het →
