← Tuis

Oor ons

Hoëveld Sinode

Uit gemeentes, vir gemeentes, na die gemeenskap — tot eer van God.

Sinode-strategie

Minder burokraties. Nader aan gemeentes.

Ná die tafelgesprekke van die 2022-sinode ("Ons Stories") het die SDK sewe temas onderskei. Teen Februarie 2025 is dié werk saamgetrek in drie strategiese prioriteite, waaraan portefeuljes saam met ringe en gemeentes werk.

KommunikasieToerustingSamewerkingBegeleidingLidmaatbetrokkenheidGemeenskapsbetrokkenheidEienaarskap

  1. GemeentebegeleidingGemeentes begelei, bemagtig en bystaan in die toerusting van lidmate, leiers en predikante.
  2. KommunikasieKommunikasie tussen gemeentes en die kerkverband versterk.
  3. Die mobilisering van RingeRingstrukture binne die sinodale gebied meer effektief laat funksioneer.

Op pad na Sinode 2026

Vier jaar se reis — nou saam onderskei waarheen God ons roep.

Sinode 2026 begin nie van voor af nie. Dit bou op wat sedert 2022 in gemeentes, ringe en die sinode gebeur het, en kyk vorentoe na die volgende seisoen.

  1. 2022Sinode "Ons Stories"Tafelgesprekke oor hoe die sinode gemeentes kan help. Sewe temas word onderskei.
  2. 2023–2024Gesprekke en implementeringPortefeuljes begin werk: toerusting, retreats, die 10 Gesprekke van Hoop.
  3. Februarie 2025Drie prioriteiteGemeentebegeleiding, Kommunikasie en die Mobilisering van Ringe.
  4. 2025–2026Padberade en ringeRinge word gemobiliseer; kerkraadtoerusting word geloods. ’n Ontwerpspan berei die sinode voor.
  5. Oktober 2026Sinode by WeesgerusSaam onderskei oor die volgende seisoen — verhouding, onderskeiding en beweging.

Saam teenwoordig

Die sinode vergader by Weesgerus, weg van die gewone ritme, sodat afgevaardigdes tyd het om mekaar te leer ken. Die saamwees is self deel van die ontwerp — daarom is dit nie ’n hibriede sinode nie.

Visionering eerder as verslaggewing

Verslae dien as grond vir gesprek, nie as die hoofsaak nie. Die fokus is op wat ons geleer het en wat die volgende seisoen van gemeentes en ringe vra.

Gesprek, spiritualiteit en goeie besluite

Tafelgesprekke, geestelike onderskeiding en toerusting dra die program — sodat ons van bespreking na gesamentlike beweging kan gaan.

Vrae wat ons saamneem na die sinode

  • Wat het ons sedert 2022 geleer?
  • Waar het ons beweging gesien?
  • Wat sien ons nou anders?
  • Waartoe roep God ons in die volgende seisoen?

Deursigtigheid

Leierskap in die portefeuljes, 2022–2026

Oor vier jaar het die span deur verskeie leierskapsoorgange gegaan: een portefeulje is in twee verdeel, en waar leiers uitgetree het, het die SDK nuwe mense gekoöpteer. Ons bedank almal wat in hierdie termyn gedien het.

Portefeulje Ná Sinode 2022 Verandering 2026
Gemeenskapsbetrokkenheid en Diensgetuienis Yolandi Kok Leierskapsoorgang vroeg 2025: Schalk van Heerden word in Februarie 2025 gekoöpteer en neem by Yolandi Kok oor. Schalk van Heerden
Sinodale Hulpbronne Dr Pieter Kruger Kontinuïteit — geen leierskapsoorgang nie. Dr Pieter Kruger
Jeug- en Gesinsbediening Waldo Niemandt Leierskapsoorgang vroeg 2025: Izak du Toit neem in Februarie 2025 by Waldo Niemandt oor. Einde 2025 volg ’n tweede oorgang na Vanessa Bouwer. Vanessa Bouwer
Predikantetoerusting en -versorging Etienne Pheiffer Kontinuïteit — geen leierskapsoorgang nie. Etienne Pheiffer
Lidmaat- en Leierstoerusting Rudi Swanepoel (gekombineerde portefeulje met Gemeentebegeleiding) Leierskapsoorgang Junie 2024: met Rudi Swanepoel se uittrede word die portefeulje in twee verdeel. Natalia Strydom lei Lidmaat- en Leierstoerusting vanaf laat 2024. Natalia Strydom
Gemeentebegeleiding Rudi Swanepoel (gekombineerde portefeulje) Ontstaan uit die verdeling in 2024. Izak du Toit lei dit vanaf laat 2024 tot hy in Februarie 2025 na Jeug- en Gesinsbediening skuif. Sedertdien dra die SDK dit gesamentlik. Vakant · SDK-brede verantwoordelikheid
Ekumene en Kerkverband — Leierskapsoorgang 2024: Michelle van Tonder neem oor. Michelle van Tonder

Argief

Sinode 2022 — "Ons Stories"

Ons het tydens die 2022-sinode rondom die tema Ons Stories vergader. In die Kerkbode se verslaggewing word die rede vir hierdie tema mooi omskryf:

Dit spoor gemeentes aan om die positiewe stories te vertel en nie te fokus op die negatiewe verhale of kritiek nie.

Tydens die sinode was een van die vrae hoe die sinode gemeentes kan help. Een tafel het geantwoord: "Die sinode kan platforms fasiliteer om mekaar te help." Ons hoop dat hierdie webblad so ’n hoopvolle platform sal wees.

As sinode droom ons dat die sinode:

  • meer vaartbelyn en aanpasbaar en minder burokraties sal wees;
  • beter uitdrukking gee aan die leuse “uit gemeentes, vir gemeentes na die gemeenskap tot eer van God”;
  • gemeentes begelei, bemagtig en bystaan in die toerusting van lidmate (veral jeuglidmate en gesinne), gemeenteleiers en predikante;
  • kommunikasie tussen gemeentes en die kerkverband versterk;
  • help om die ringstrukture binne die sinodale gebied meer effektief te laat funksioneer;
  • gemeentes toerus om missionaal in hulle gemeenskappe betrokke te raak;
  • gemeentes help om diversiteit te akkommodeer en meer inklusief te wees;
  • gemeentes help om die aanpassings te maak wat deur nuwe omstandighede vereis word.