Portefeulje
Gemeentebegeleiding
Strategiese prioriteit 1. Webinare, fokusmaande en streekbyeenkomste vir gemeentes. Tans deur die SDK as geheel gedra.
Portefeuljeleier: Vakant · SDK-brede verantwoordelikheid
Terugblik 2022–2026
Wat die afgelope vier jaar gebeur het
Gemeentebegeleiding is sedert 2023 ’n saak van die SDK as geheel, en in Februarie 2025 is dit een van die sinode se drie strategiese prioriteite gemaak.
Op 14 Junie 2023 is die IN PAS-webinaar aangebied en opgeneem; dit is steeds beskikbaar. In Augustus 2023 het drie leiers van die sinode die gemeentefasiliteringsopleiding in Bloemfontein bygewoon, met die oog op ’n span wat gemeentes kan begelei.
In 2025 het die padberade ringe regoor die sinode bereik. In vier streekbyeenkomste tussen Februarie en Junie, van Alberton tot Heidelberg, het leiers van gemeentes en ringe saam met die SDK gesprek gevoer oor die pad vorentoe.
Kyk verder: Video: IN PAS-webinaarAl die portefeuljesRinge & gemeentes
Video’s en toerusting
Argief
Oorspronklike portefeuljeplan (termyn 2022–2026)
As deel van die portefeulje se strategie bied ons webinare aan om gemeentes te help met begeleiding en toerusting.
- Toerusting: skakeling en koppeling met Voortgesette Bedieningsopleiding; skakel met kursusse wat reeds bestaan; sluit aan by die bestaande landswye fokus op toerusting.
- ’n Toerustingsgeleentheid saam met IN PAS — ’n Zoomgesprek en ’n tweedaagse geleentheid.
- Ons is ’n diverse gemeenskap en leef binne diverse gemeenskappe: ’n program oor ras en versoening, saam met die portefeulje Gemeenskapsbetrokkenheid.
- Fokusmaande: September — ’n maand van Diversiteit; Oktober — Geestesgesondheid.
- Streeksbyeenkomste.
- ’n Behoeftebepaling: wat benodig lidmate? En ondersoek na watter toerustingsgeleenthede tans vir lidmate bestaan.
Hierdie plan is ná Sinode 2022 opgestel en word bewaar as deel van die sinode se argief. Sien hoe die leierskap verander het →

